ILM AL-HÂL
115 NIYYAH (VOORNEME) Die sesde voorwaarde van Salâh is Niyyah (voorneme). Dit is die wil om ‘n spesifieke Salâh vir die plesier op te voer van Allâh, die Almagtige, تعالی en om deeglik bewus te wees van watter Salâh uitgevoer moet wees. Niyyah word stil, in die hart gedoen. Dit kan ook gedoen word deur met die tong te uiter terwyl daar ’n bewustheid in die hart is. As Niyyah slegs deur die tong gedoen word, sonder bewustheid in die hart, is so ‘n Niyyah nie geldig nie. Wat die saak van Niyyah betref, het Imâm Rabbânî قــدس ســره die volgende gesê: “Die Niyyah wat bloot ge- doen word deur woorde te spreek met die tong, is nie geldig nie, tensy dit met ‘n volkome bewustheid van die verstand in die hart gepaard gaan, want baie mense ver- waarloos die Niyyah in die hart deur bloot uiting te gee met die tong, maar met ‘n afwesige gemoedstoestand. Gevolglik word niyyah in die hart nie behaal nie, en dit is een van die voorwaardes van Salâh, dus sal so ’n Salâh nie aanvaarbaar wees nie. Dit is, daarom noodsaaklik om die voorneme in die hart te het en nie net die uitspraak van die tong nie. ‘n Mens moet jou voorneme in Fardh, Eid en Witr Salâh spesifiseer”, soos byvoorbeeld, “Dit is my voorneme vir vandag om Fajr Salâh, Jumu’ah Salâh, Witr Salâh of Eid Salâh uit te voer. ” Aan die anderkant, is dit voldoende vir Nâfilah (op- sionele) Salâh (gebede), om van voorneme te wees om te “Salâh”, sonder enige spesifikasies.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=