ILM AL-HÂL
111 AL-AWQÂT AL-MAKRÛHAH (AFGEKEURDE TYE VAN SALÂH) Daar is drie periodes waarin Salâh volgens wet nie aangebied mag word nie: 1. Direk na sonsopkoms (40-50 minute na opkoms in Turkye), 2. Teen die middag wanneer die son sy hoogtepunt bereik, dit is die aanvangstyd vir Salâh Al-Zuhr (ongeveer 20 minute in Turkye) 3. Voor sononder, binne 45 minute voor Salâh Al-Magh- rib, waartydens slegs die Fardh (verpligte) rakahs van Salâh Al-Asr aangebied kan word. Gedurende hierdie drie periodes, mag die volgende soorte Salâh nie uitgevoer word nie: Die vorige Salâh (gebede) wat nie op die aangestelde tye (Qadhâ Salâh) uitgevoer is nie, Wâjib Salâh (vereiste gebede), en die Janâzah (begrafnis) Salâh van die mayy- it (dooie persoon) wat voorberei is op begrafnis voor die Makrûh (afgekeurde) tye. Verder mag ‘n mens nie Sajdah Al- Tilâwah (prostrasie met die lees van die verse van die Heilige Koran wat ‘n prostrasie nodig het) binne Karâhah (afgekeurde) tyd uit- voer nie. As ‘n Sajdah Al-Tilawâh binne ‘n afgekeurde tyd uitgevoer word, moet ‘n mens dit later herhaal. Boonop word dit nie toegelaat om enige Nâfilah (opsionele/super- oragotêre) Salâh binne hierdie tye uit te voer nie. Maar as ‘n mens dit uitvoer, hoef dit nie herhaal te word nie.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=