ILM AL-HÂL
110 SATR AL-AWRAH (DEKKING VAN DIE PRIVATE AREA) Die derde voorwaarde van Salâh is Satr Al-Awrah (be- dekking van die private area). Dit bevat die liggaamsdele, wat verbied word om blootgestel en deur ander gesien te word. Die private area van ‘n manlike Moslem is die liggaams- dele tussen die naeltjie en knieë, terwyl dié van ‘n vroulike Moslem die hele liggaam is behalwe vir die hande tot by die gewrigte, die voete tot by die enkels en die gesig. ISTIQBÂL AL-QIBLAH (DIE LIGGAAM OP SO ’N MANIER GEPOSISIONEER DAT DIE GESIG IN RIGTING VAN DIE HEILIGE KA’BAH WYS) Die vierde voorwaarde van Salâh is Istiqbâl Al-Qiblah (In die rigting van die Heilige Ka’bah). Diegene wat in Makkah Al-Mukarramah is en die Ka’bah kan sien, moet direk in die rigting van die Ka’bah wees. Diegene wat nie die Ka’bah kan sien nie, as gevolg van die ver afstand, moet draai in die rigting van Ka’bah. AL-WAQT (TYD) Die vyfde voorwaarde van Salâh is Al-Waqt (tyd) wat beteken om elke Salâh uit te voer op sy voorgeskrewe tyd. Enige Salâh wat voor die tyd aangebied word, word besk- ou as glad nie uitgevoer nie. Salâh-tye word bereken deur roosters opgestel vir elke stad.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=