ILM AL-HÂL

106 struasiebloei ophou, en dan kan sy Salâh of vas; ‘n vrou moet egter as ‘n voorsorgmaatreël nie by haar man lê tot- dat haar gewone periode van siklus beëindig is nie. • Sommige volwassenes se menstruele siklusse is ger- eeld. Hulle kan byvoorbeeld ses, sewe of nege dae per maand menstrueer. Die menstruele siklus is dus vasgestel as gereeld. Net so, as die siklus van menstruasie vir ‘n meisie, aanvanklik sewe dae is en dan stop, is haar men- struele siklus sewe dae en word dit as gereeld beskou. • Aan die anderkant kan die gereelde menstruele siklus- se van sommige vrouens van tyd tot tyd verander. Om te kan sê dat die siklus van ‘n persoon verander het, sou sy deur twee opeenvolgende siklusse moes gegaan het, anders as die vaste getal van die gewone siklus. Byvoor- beeld, as ‘n vrou van wie die gereelde menstruele siklus ses dae is, twee opeenvolgende menstruasies vir agt dae lank ondergaan, dan word haar siklus as agt dae beskou.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=