ILM AL-HÂL

102 Dit is egter ‘n Sunnah-daad om opwaarts te vee oor die leersokkies van die punte van die tone tot die einde van die leersokkies, met nat vingers wyd versprei. DINGE WAT MASAH NIETIG VERKLAAR Enigiets wat Wudhû nietig verklaar, maak ook masah (vee) nietig. As die duur van die masah egter nie verstryk het nie, kan jy aanhou om oor die leersokkies te vee terwyl jy Wudhû maak. 1. Die verwydering van ‘n leersokkie van ‘n voet, 2. Penetrasie van water in die leersokkies, na die groter deel van een van die voete. 3. Verstryking van die duur van masah. DUUR VAN MASAH ‘n Persoon wat leersokkies dra, word toegelaat om - 24 uur lank daaroor te vee in die geval van ‘n Muqîm (inwoner) en -72 uur lank, in die geval van ‘n Musâfir (reisiger). Die duur van masah begin eers na die persoon se Wudhû gebreek is, wat hy/sy uitgevoer het voordat die leersokkies gedra is. MASAH OOR ‘N VERBAND As enige ledemaat van ‘n Moslem in verbande is as gevolg van ‘n dislokasie, breek of kneusplek, en dit kan skadelik wees om die beseerde ledemaat in Wudhû te was, dan word net die gedeelte oor die grootste gedeelte van die verband gevee.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=