ILM AL-HÂL
101 MASAH (VEE) OOR KHUFFAYN (LEERSOKKIES) Dit is wettiglik toegelaat dat beide mans en vrouens oor Khuffayn (leersokkies) vee. DIE NODIGE VOORWAARDES VAN MASAH (Vee) 1. Die leersokkies moet in die toestand van Wudhû aangetrek word (Ablusie). 2. Dit moet die voete bedek, insluitend die enkels en hakke, en dit moet duursaam genoeg wees om ‘n stap van twaalfduisend treë (byna 5 kilometer) se stap te kan verduur, 3. Albei moet vry van ‘n opening of ‘n gat wees, gelyk in grootte aan die drie kleinste tone. 4. Dit moet dik genoeg wees om regop te kan staan wan- neer dit nie gedra word nie en dit moet waterbestand wees. 5. Wat betref iemand wie se een voet geamputeer is,moet daardie person se voet minstens drie vingerlengtes van die hakskeen wees sodat hy leersokkies kan dra. (Iemand wie se een voet geamputeer is en dus net met die hakskeen oorbly, mag nie eers oor hul ander voet, wat gesond en goed is, vee nie.) DIE HOEVEELHEID van MASAH (VEE) Die verpligte hoeveelheid masah (vee) is net so lank as die lengte van die drie kleinste vingers, oor die voorste deel van elke leersokkie.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=